Wynbou in Chili

Die wynboubedryf in Chili het 'n lang tradisie en trek voordeel uit die besonder gunstige klimaattoestande in die land. Warm temperature bedags en somernagte, waartydens die lug in die wingerde soms tot minder as 10 °C afkoel, is belangrike klimatiese voorvereistes vir Chili se ryk wyne met hulle kenmerkende komplekse smake. Danksy die laer werkkoste het Chili op die wêreldmark reeds 'n strawwe mededinger vir die Franse wynboubedryf geword.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy